Die uitsonderlike boek van Suid-Afrikaanse rugby - cover

Die uitsonderlike boek van Suid-Afrikaanse rugby

Wim Van Der Berg

  • 28 september 2012
  • 9780143529187
Wil ik lezen
  • Wil ik lezen
  • Aan het lezen
  • Gelezen
  • Verwijderen

Samenvatting:

Die Uitsonderlike Boek van Suid-Afrikaanse Rugby sal enige rugbyfanatikus boei. Dié versameling feite, statistiek, aanhalings en anekdotes wissel van die komiese tot die kontroversiële en herdenk die ryke geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby. Hierdie buitengewone/merkwaardige boek bevat van die mees opwindende stories oor Suid-Afrikaanse rugby, insluitende: hoe Manie Reyeneke laat was vir sy eie huweliksonthaal omdat hy eers ’n halfeindstryd vir sy klub moes gaan speel; die 90 meter-strafskop van Oostelikes; hoe die eerste Springbokke wat per vliegtuig gereis het met drie enjins oor die see gehinkepink het; hoe Kimberley 60 uur per muilwa moes reis tydens hul eerste toer na Kaapstad; hoe die Springbok Andy MacDonald met sy kaal hande ’n leeu doodgemaak het; die plettervat deur ’n toeskouer wat die Westelike Provinsie die Curriebeker gekos het; Paul Roos se weeklikse 260 km-fietsrit na Pretoria om klubrugby te speel.

We gebruiken cookies om er zeker van te zijn dat je onze website zo goed mogelijk beleeft. Als je deze website blijft gebruiken gaan we ervan uit dat je dat goed vindt. Ok