Hillary Biller maak kosvoorbereiding deur braai so eenvoudig en maklik moontlik deur toeganklike resepte te gebruik wat op drie soorte braaie voorberei is: die Weber Q-gasbraai, die Weber-ketelbraai en die ingeboude houtskool/hout-braai. Die gasbraai is die maklikste om te bemeester. Al die inligting wat jy benodig, word in maklike, stap-vir-stap instruksies weergegee Daar is meer as 100 resepte om van te kies en te keur - beesvleis, lamsvleis, varkvleis, hoender, vis, wildsvleis, vegetariese disse, slaaie en nageregte, elkeen met foto's om jou eetlus aan te wakker. Al wat jy benodig, is jou voorskoot en 'n braaitang ...